{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}} {{pricing}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Eties en wetlik is hierdie praktyk verplig om die korrekte prosedures te volg.

Dit sluit onder andere skriftelike toestemming van beide ouers of wettige voogde vir die assering van die kind sowel as die aanmelding van moontlike misbruik in. 

Skriftelike toestemming:

Beide ouers moet skriftelike toestemming bied vir ‘n minderjarige om deur enige beradings praktyk ge-asseseer te word ongeag die betrokke persone se agtergrond of die gesins dinamika. 

  • Beide ouers het ‘n gelyke reg sowel as verantwoordelikheid (Children’s Act Explained, 2009)

  • Skriftelike toestemming van beide ouers is ‘n eties-geloofwaardige proses wat neutraal en objektief is

     

    Die enigste rede wanneer ‘n ouer van hierdie reg of verantwoordelikheid afstand doen is deur middel van ‘n hof bevel.  Wanneer meer as een persoon wettige voogskap oor ‘n kind het (ongeag of hulle wettig getroud of geskei is) moet beide ouers toestemming gee (Legal Aid: June, 2016)

    Die HPCSA (Health Professional Counsel of South Africa) ondersteun die siening dat beide ouers / wettige voogde skriftelike toestemming moet gee in hulle riglyne op die vraag wie toestemming mag gee.  ‘n Ouer se onbevoegdheid kan slegs deur ‘n geregshof bepaal word en deur ‘n hofbevel bevestig word. 

    Die SACSSP (South African Council for Social Service Professions) se reëls is duidelik neergelê dat beide ouers geldige ingeligte toestemming aan enige professionele party moet gee in terme van dienslewering ten opsigte van ‘n minderjarige nadat hulle oor dievolgende ingelig is:

  • Die doel van die diens wat gelewer word

  • Die risiko’s wat hierdie dienslewering inhou

  • Relevante kostes

  • Redelike alternatiewe en

  • Die klient se reg om toestemming te weier of te onttrek sowel as

  • Die tydsduur van die geldigheid van die toestemming (SACSSP, Ethical Guidelines)

     

Dit is nie die privaat praktisyn se plek om te besluit of dit in die kind se beste belang is om voort te gaan met ‘n assesering as beide ouers nie toestemming gegee het op grond van een ouer se informasie nie aangesien dit die neutraliteit en ingeligte besluit van die ander ouer ontneem. 

In die geval waar ‘n ouer toestemming weier vir assesering en dit wel in die kind se beste belang is om die kind te asseseer adviseer HPCSA dat die privaat praktisyn of die ander ouer die kinder hof moet nader om ‘n uitspraak oor hierdie situasie te maak. 

Neutraliteit en objektiewiteit stam vanuit ‘n deursigtige proses wat beteken dat ALLE partye gelyk behandel word ongeag of die kind vir terapeutiese dienste, Sosio-emosionele Evaluerings of enige vorm van Forensiese ondersoeke gesien word.  In die geval waar die praktisyn nie beide ouers se skriftelike toestemming ontvang nie word die praktisyn se deursigtigheid, neutraliteit en objektiewiteit dadelik in twyfel getrek.  Nie net stel die praktisyn hom / haarself bloot om by die respektiewe rade geraporteer te word nie, maar word die kind se inligting en kredietwaardigheid dadelik as ongeldig verklaar heens die professionele party se kredietwaardigheid wat in die proses in twyfel getrek word.  Tesame hiermee verhoog die risiko dat die kind se saak in gedrang. (Erkenning en dank aan Louise Aucamp van FACT Netwerk vir die samestelling van hierdie informasie)

 

Etiese en wetlike verantwoordelikheid ten opsigte van die raportering van moontlike misbruik. 

Hierdie praktyk is onder ‘n etiese en wetlike verpligting om enige seksuele misbruik van ‘n kind aan die owerhede te raporteer.  Dit sluit in:

  • Maatskaplike dienste

  • Suid Afrikaanse Polisie dienste (SAPD)

 

Let asseblief dat wanneer ‘n saak aan die Maatskaplike Raad geraporteer word, dit nie impliseer dat die kind van die ouers weggeneem gaan word nie.  In sommige gevalle is die maatskaplike werker se rol beperk tot die monitering van die proses en om te verseker dat die kind veilig is teen verdere misbruik.  Volgens wet MOET seksuele misbruik aan die SAPD geraporteer word.  Die Krminele wet op seksuele misdrywe en verwante sake meld:  Amendment Act No 32 of 2007 (54(1)((a) and ((b)):  “A person who has knowledge that a sexual offence has been committed against a child must report such knowledge immediately to a police official. A person who fails to report such knowledge as contemplated in paragraph (a) is guilty of an offence and is liable on conviction to a fine or imprisonment for a period not exceeding five years or both a fine and such imprisonment” (Erkenning en dank aan Louise Aucamp van FACT Netwerk vir die samestelling van hierdie informasie)

‘n Vergelyking tussen die seksuele misbruik wet en die kinder wet in terme van raportering en die implikasie vir die forensiese ondersoeker. (Erkenning en dank aan Louise Aucamp van FACT Netwerk vir die samestelling van hierdie informasie)

 

Seksuele misbruik wet

Kinder wet

Verpligte raportering van seksuele misbruik

 

Wie moet raporteer:

Almal, insluitend die algemene gemeenskap

Wat kan raporteer word:

Kennis van misbrui

Wanneer moet dit raporteer word:

Dadelik

Aan wie moet dit raporteer word:

Die polisie – geen keuse

 

Wie moet raporteer:

Daar is ‘n spesifieke lys

 

Wat kan raporteer word:

Agterdog of redelike vermoede van misbruik

Wanneer moet dit raporteer word:

Onseker (sonder enige onnodige vertraging)

Aan wie moet dit raporteer word:

Kinder beskermings eenheid; Departement van sosiale ontwikkeling (DSD) or die polisie

Implikasies vir die forensiese ondersoeker

Gevolge indien nie raporteer word nie:

Ernstige boete want dit is ‘n kriminele oortreding

Gevolge indien nie raporteer word nie:

Onseker

 

Terug Terug na bo